Verblyf
Daar is slaapplek vir al ons gaste, en julle kan reeds Vrydagaand oorslaap. Ontbyt is by die verblyf ingesluit. Beskikbaarheid, die verskillende opsies, pryse en besprekingsreëlings sal later bevestig word.

“Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik.”
1 Korintiërs 13:4
Dit is die liefde waarin ons wil groei; met God eerste, en met ons mense naby.
Op 20 Februarie 2027 belowe ons, voor God en saam met julle, ons liefde aan mekaar. ’n Dag van dankbaarheid, geloof en saamwees.
Julle liefde, gebede en ondersteuning is deel van wie ons is. Ons wil dié nuwe hoofstuk nie sonder julle begin nie. Kom vier, lag en maak herinneringe saam met ons.

Ons storie begin op skool. Die eerste probeerslag het nie uitgewerk nie, maar ons paaie was nog nie klaar met mekaar nie.
In Potchefstroom het Niel gereeld ’n rede gevind om by Chanté te kuier. Sy blameer maar haar blonde hare dat sy die leidrade so laat raakgesien het! Geduld was van die begin af deel van ons storie.
Om mekaar te kies, het soos tuiskom gevoel. Ons kan onsself wees, saam lag en mekaar dra. God se genade: twee verskillende mense, so mooi gemaak vir mekaar.
Met die Here eerste kies ons dié liefde, nie net vir ’n troudag nie, maar vir ’n lewe saam.




Onder ’n kremetartboom wat Chanté nog altyd mooi gevind het, het Niel die groot vraag gevra. Sy ouer broer het met die kamera in die bos weggekruip. Darem het iemand die leidrade betyds gekry!
Haar spesiaal ontwerpte ring hou die diamant in ’n protea, met 1 Korintiërs 13:4 binne die goue band: ’n belofte van geduldige, vriendelike liefde.
Ons mense se blydskap en saamvier het dié kosbare oomblik nóg mooier gemaak.


Aan die voet van die Waterberge, omring deur die rustigheid van die bosveld.
Maak die roetebeskrywing oopDie venue vra dat julle asseblief hul roetebeskrywing volg, aangesien GPS julle op die verkeerde pad kan neem.
Bekyk die ligging op Google MapsDie roetebeskrywing maak as ’n PDF in ’n nuwe oortjie oop.Neem asseblief teen 15:30 julle sitplekke in. Finale parkeerreëlings volg later.
Kom slaap gerus reeds Vrydag by die venue oor en kuier saam voor Saterdag se groot makietie. Ons hou dit rustig met ’n gesellige braai en tyd vir ons mense.
Net genoeg kuier om die naweek mooi te begin, en vroeg genoeg onder die komberse om vars te wees vir Saterdag se vieringe!
Vrydag, 19 Februarie 2027. Die braaityd en praktiese reëlings volg later. Ontbyt is by die verblyf ingesluit.
Saterdag, 20 Februarie 2027 · Mountainview Game Ranch, Limpopo.
Van die eerste groet tot die laaste dans vier ons saam.
Tye kan nog effens verander.
Die kuier gaan om die vuur by die boma voort.
Daar is slaapplek vir al ons gaste, en julle kan reeds Vrydagaand oorslaap. Ontbyt is by die verblyf ingesluit. Beskikbaarheid, die verskillende opsies, pryse en besprekingsreëlings sal later bevestig word.
Neem asseblief teen 15:30 julle sitplekke in. Finale parkeerreëlings volg later.
Kies ’n elegante rok of ’n netjiese broek met ’n kraaghemp; ’n baadjie is welkom.
Stowwerige blou
Roospienk
Saliegroen
Olyfgroen
Gebrande oranje
Goue oker
Taupe
Bruin
Gedempte teal
Gebruik die palet as inspirasie en dra dit op jou eie manier.

Wit · Swart · Baie besige patrone in helder kleure
Gemaklike, netjiese skoene is welkom.
Om ons vriende en familie by ons te hê terwyl ons hierdie spesiale dag vier, is klaar die grootste geskenk waarvoor ons kan vra.
As julle tog graag iets vir ons wil gee, sal ’n geldbydrae baie waardeer word. Dit sal help met ons wittebrood en om ons tuiste saam in te rig wanneer ons ná die troue en wittebrood intrek.
Maar weet asseblief: julle teenwoordigheid is vir ons meer as genoeg.
Ons sou graag almal wou verwelkom, maar die ruimte is ongelukkig beperk. Slegs metgeselle wat persoonlik genooi is, kan die troue bywoon. Dankie dat julle ons help om die dag intiem en besonders te hou.
Ons is lief vir die kleingoed, maar hou die viering hoofsaaklik vir volwassenes. Slegs kinders jonger as drie jaar wat persoonlik genooi is, kan saamkom. Kinders van drie jaar en ouer word ongelukkig nie ingesluit nie. Dankie vir julle begrip en dat julle die nodige reëlings tref om saam met ons te kom vier.
Die aangewese kontakpersoon se besonderhede word voor die finale uitnodiging hier bygevoeg.
Ons moet die finale gastetal betyds bevestig. Laat weet ons dus asseblief nie later as 1 Januarie 2027 nie.
Julle teenwoordigheid, liefde en gebede is vir ons kosbaar. Ons sal dit so waardeer om hierdie dag saam met julle te vier.
Gebruik asseblief julle persoonlike uitnodigingskakel om vir die genoemde gaste te antwoord. Hou die skakel privaat.
Maak julle persoonlike uitnodigingskakel oop om te RSVP.