“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik.”
1 Korintiërs 13:4
Dit is die liefde waarin ons wil groei; met God eerste, en met ons mense naby.
Met ons hele harte
Ons mooiste dag. Met ons kosbaarste mense.
Op 20 Februarie 2027 belowe ons, voor God en saam met julle, ons liefde aan mekaar. ’n Dag van dankbaarheid, geloof en saamwees.
Julle liefde, gebede en ondersteuning is deel van wie ons is. Ons wil dié nuwe hoofstuk nie sonder julle begin nie. Kom vier, lag en maak herinneringe saam met ons.
NET ONS. NET LIEFDE.
Ons verhaal
Twee harte, gemaak vir mekaar.
Ons storie begin op skool. Die eerste probeerslag het nie uitgewerk nie, maar ons paaie was nog nie klaar met mekaar nie.
In Potchefstroom het Niel gereeld ’n rede gevind om by Chanté te kuier. Sy blameer maar haar blonde hare dat sy die leidrade so laat raakgesien het! Geduld was van die begin af deel van ons storie.
Om mekaar te kies, het soos tuiskom gevoel. Ons kan onsself wees, saam lag en mekaar dra. God se genade: twee verskillende mense, so mooi gemaak vir mekaar.
Met die Here eerste kies ons dié liefde, nie net vir ’n troudag nie, maar vir ’n lewe saam.
Oomblikke om te koester
So lyk ons saam.
Die groot vraag
Onder die kremetartboom.
Onder ’n kremetartboom wat Chanté nog altyd mooi gevind het, het Niel die groot vraag gevra. Sy ouer broer het met die kamera in die bos weggekruip. Darem het iemand die leidrade betyds gekry!
Haar spesiaal ontwerpte ring hou die diamant in ’n protea, met 1 Korintiërs 13:4 binne die goue band: ’n belofte van geduldige, vriendelike liefde.
Ons mense se blydskap en saamvier het dié kosbare oomblik nóg mooier gemaak.
Ons trouplek
Waar ons saam gaan vier.
WATERBERG, LIMPOPO
Mountainview Game Ranch
Aan die voet van die Waterberge, omring deur die rustigheid van die bosveld.
Neem asseblief teen 15:30 julle sitplekke in. Daar is genoeg parkering vir almal. Personeel sal julle by die venue aanwys.
Begin die naweek saam
Vrydagaand: vuur, vriende en familie.
Kom slaap gerus reeds Vrydag by die venue oor en kuier saam voor Saterdag se groot makietie. Ons hou dit rustig met ’n gesellige braai en tyd vir ons mense.
Net genoeg kuier om die naweek mooi te begin, en vroeg genoeg onder die komberse om vars te wees vir Saterdag se vieringe!
Vrydag, 19 Februarie 2027. Inklok is vanaf 15:00, en julle is welkom om van dan af aan te kom vir die braai. Die presiese braaityd en verdere besonderhede word nader aan die tyd gedeel. Ontbyt is by die verblyf ingesluit.
Die troudag & die verloop van die dag
Die begin van ons vir altyd.
Saterdag, 20 Februarie 2027 · Mountainview Game Ranch, Limpopo.
Van die eerste groet tot die laaste dans vier ons saam.
Voorlopige program
Tye kan nog effens verander.
Aankoms
Neem julle sitplekke in
Seremonie
Canapés & saamkuier
Die onthaal begin
Aandete
Ons open die dansvloer
Nagereg & koffie
Die saal sluit
Die kuier gaan om die vuur by die boma voort.
Beplan jou kuier
Maak jouself tuis.
Verblyf
Daar is slaapplek vir al ons gaste, en julle kan reeds Vrydagaand oorslaap. Ontbyt is by die verblyf ingesluit. As julle Vrydagaand kom oorslaap, sal ons die reëlings aan julle deurstuur. Die verblyfopsies, pryse en besprekingsreëlings sal later bevestig word.
Reis & parkering
Neem asseblief teen 15:30 julle sitplekke in. Daar is genoeg parkering vir almal. Personeel sal julle by die venue aanwys.
Die kleredrag
Semi-formeel. Natuurlike kleur, mooi gedra.
Kies ’n elegante rok of ’n netjiese broek met ’n kraaghemp; ’n baadjie is welkom.
Ons kleurinspirasie
Stowwerige blou
Roospienk
Saliegroen
Olyfgroen
Gebrande oranje
Goue oker
Taupe
Bruin
Gedempte teal
Gebruik die palet as inspirasie en dra dit op jou eie manier.
Wit · Swart · Baie besige patrone in helder kleure
Gemaklike, netjiese skoene is welkom.
Geskenke & ons wittebrood
Julle is reeds ons grootste geskenk.
Om ons vriende en familie by ons te hê terwyl ons hierdie spesiale dag vier, is klaar die grootste geskenk waarvoor ons kan vra.
As julle tog graag iets vir ons wil gee, sal ’n geldbydrae baie waardeer word. Dit sal help met ons wittebrood en om ons tuiste saam in te rig wanneer ons ná die troue en wittebrood intrek.
Maar weet asseblief: julle teenwoordigheid is vir ons meer as genoeg.
Goed om te weet
’n Paar antwoorde.
Mag ek ’n metgesel saambring?
Ons sou graag almal wou verwelkom, maar die ruimte is ongelukkig beperk. Slegs metgeselle wat persoonlik genooi is, kan die troue bywoon. Dankie dat julle ons help om die dag intiem en besonders te hou.
Is kinders welkom?
Ons is lief vir die kleingoed, maar hou die viering hoofsaaklik vir volwassenes. Slegs kinders jonger as drie jaar wat persoonlik genooi is, kan saamkom. Kinders van drie jaar en ouer word ongelukkig nie ingesluit nie. Dankie vir julle begrip en dat julle die nodige reëlings tref om saam met ons te kom vier.
Ons moet die finale gastetal betyds bevestig. Laat weet ons dus asseblief nie later as 14 Desember 2026 nie.
Julle teenwoordigheid, liefde en gebede is vir ons kosbaar. Ons sal dit so waardeer om hierdie dag saam met julle te vier.
Vul jou volle naam en antwoord hieronder in. As julle ’n persoonlike uitnodigingskakel het, kan julle dit steeds gebruik om vir die genoemde gaste te antwoord.